fbpx

Administratiewe Bestuurder: Korttermyn Versekering – Malmesbury

BVSA Konsult Edms. Bpk. is ‘n toonaangewende firma in die Wes-Kaap.

Ons is op soek na ‘n administratiewe bestuurder vir korttermyn versekering in Malmesbury.

Salaris: Onderhandelbaar afhangend van ondervinding.

13de tjek en pensioen/groepsvoordeel ook beskikbaar

Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

  • Skakeling met kliënte, personeel en diensverskaffers.
  • Die bestuurder moet verantwoordelikheid neem vir die effektiewe vloei en kontrole van werk deur alle werkopdragte effektief tussen die Korttermyn Produk Assistente te koördineer, te verseker dat werkslading eweredig versprei word en te verseker dat werksuitsette deur Assistente tydig gehandhaaf word. Hierdie pos vervul as ware die skakel tussen die Adviseur en Korttermyn Produk Assistente ten einde Assistente se navrae te hanteer en  bystand en ondersteuning in die dag-tot-dag voltooiing van werksopdragte te bied.

Vereistes:

  • Senior Sertifikaat (Graad 12).
  • Aktiewe voltooiing van studies om onafhanklik as Adviseur advies te kan bied (RE5 & NQF5).
  • Korttermynversekering ervaring van ten minste 10 jaar.
  • Kwalifikasie of ondervinding in die finansiële industrie.
  • Verkryging van jaarlikse CPD punte insluitend die byhou van ‘n opleidingsregister (CPD punte en sertifikate).
  • Kennis van Microsoft Word; Excel; PowerPoint en Outlook;
  • Ondervinding van verskeie versekeraars se stelsels.
  • Tweetaligheid in beide Afrikaans en Engels sal in die persoon se guns tel.
  • Die persoon sal werksaam wees by ons kantoor in Malmesbury.

 

Stuur asseblief u CV na hr@bvsa.ltd voor 30 September 2021.

Indien u geen terugvoering ontvang voor 30 September 2021 was u aansoek onsuksesvol.

Boshoff Visser Konsult Pty Ltd; Lisensienr: 11968.

Recent Posts

Start typing and press Enter to search