Doeltreffende rekeningkundige en betaalstaatdienste
Finansiële state vir alle entiteite
Rekeningkundige dienste word gelewer op ’n periodieke, maandelikse of jaarlikse basis. Ons gebruik gerekenariseerde moderne tegnologie om ‘n algemene grootboekstelsel by te hou.
Ons rekeningkundige dienste sluit in:
- Maandelikse boekhouding en administrasie
- Maandelikse verslagdoening – opstel van bestuurstate vir besluitneming
- Indien van SAID BTW opgawes
- Hanteer van SAID BTW oudits
- Opstel van finansiële state vir alle entiteite: alleeneienaar, vennootskappe, trusts, beslote korporasies, privaat – en publieke maatskappye, tot IFRS state wat vereis word deur openbare maatskappye
Ons betaalstaat dienste sluit in:
- Byhou van maandelikse betaalstaat en genereer van betaalstrokies
- Voltooi van UI19’s soos werkers kom en gaan
- Indien van maandelikse WVF/LBS opgawes
- Indien van 6 maandelikse WVF/LBS rekons
- Indien van jaarlikse ongevalle opgawes
Aanlyn boekhou sagteware
Aangepaste rekeningkunde sagteware volgens jou behoeftes.