Belasting Administrateur – Swellendam

 In Vacant positions

BVSA is op soek na ‘n gemotiveerde individu om as ‘n Belasting Administrateur by ons span aan te sluit.

Verantwoordelikhede sluit in:
 Laai van nuwe kliënte en werknemers op eFiling
 Belastingregistrasies by SARS, Departement van Sosiale Ontwikkeling (NPO) en Central Supplier Database
 Belastingderegistrasies by SARS
 Voltooiing van IT3- en dividendbelastingopgawes op eFiling
 Hantering van SARS-afsprake en belastingbetalings
 Instandhouding van kliënte se RAV01-inligting
 Hantering van kliënte se bankverifikasies op eFiling
 Kennis van Greatsoft en die interaksie met eFiling
 Boedelkodering en na-dood belastingregistrasies by SARS
 Verkryging van belastingklaringsertifikate
 Daaglikse aflaai en verspreiding van SARS-korrespondensie

Vereistes:
🔹 Ervaring met eFiling en belastingadministrasie
🔹 Sterk administratiewe en kommunikasievaardighede
🔹 Kennis van Greatsoft
🔹 Akkurate en noukeurige werkverrigting

Indien jy ’n georganiseerde en detail-georiënteerde persoon is met ‘n passie vir belastingadministrasie, stuur jou CV na loopbaan@bvsa.co.za voor 28 Maart 20252

Recent Posts
Verified by MonsterInsights