Belastingklerk – Vredenburg
Posbeskrywing: Belastingklerk – BVSA Vredenburg
Begin Datum: So gou as moontlik
Ligging: Vredenburg
BVSA Vredenburg is op soek na ‘n verantwoordelike en detail-georiënteerde belastingklerk om ons span te versterk. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die hantering van inkomstebelastingverwante take en algemene administratiewe ondersteuning in ons kantoor.
Verantwoordelikhede sluit in:
- Vaslegging van kliëntinligting op Greatsoft;
- Korrespondensie met kliënte rakende belastingverwante sake;
- Voltooiing van belastingopgawes;
- Inkomstebelasting berekeninge;
- Konsultasie met kliënte oor inkomstebelastingkwessies;
- Algemene administratiewe take soos benodig.
Minimum Vereistes:
- Sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede;
- Vermoë om met syfers te werk;
- Goeie rekenaarvaardighede, insluitend ervaring met MS Office en Greatsoft (voordeel);
- Vorige ervaring in inkomstebelastingadministrasie sal ‘n sterk aanbeveling wees;
- Akkuraatheid en aandag aan detail is van uiterste belang;
- Tweetaligheid in Afrikaans en Engels sal voorkeur geniet.
Sluit aan by BVSA en raak deel van ‘n professionele span wat ‘n passie het vir uitstekende kliëntediens.
Aansoek:
Stuur asseblief jou CV en motiveringsbrief na loopbaan@bvsa.co.za met die verwysing: Belastingklerk – Vredenburg.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Februarie 2025.
Let wel: Net kortlys-kandidate sal gekontak word vir ‘n onderhoud.