Interne Ouditeur – Vredenburg
Sluit aan by die span van BVSA Rekenmeesters! Ons is op soek na ‘n selfgedrewe en gekwalifiseerde Interne Ouditeur. Indien jy aan die volgende vereistes voldoen, nooi ons jou uit om aansoek te doen:
- Geldige bestuurslisensie.
- Uitstekende rekenaarvaardighede.
- Vaardigheid in Afrikaans én Engels (gesproke en geskrewe).
- Geen kriminele rekord.
- Relevante BCom-kwalifikasie in Interne Oudit.
- Ervaring in Interne Oudit.
- Vermoë om onafhanklik te werk en inisiatief te neem.
- Beskikbaarheid van kontakbare verwysings.
Stuur jou volledige CV per e-pos na vredenburg@bvsa.co.za,
of lewer dit persoonlik af by Velddrifweg 26, Vredenburg.
Merk asseblief alle korrespondensie vir aandag: Tania van Dijk, Interne Oudit.
Sluitingsdatum: 26 Januarie 2024
Indien jy nie binne twee weke na die sluitingsdatum terugvoering ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.
Recent Posts