fbpx

Junior finansiële adviseur – Swellendam

Boshoff Visser Konsult het wydverspreide belange in verskeie finansiële dienste sektore en benodig ‘n Junior Finansiële Adviseur om by ons Finansiële Beplanningsafdeling aan te sluit. Vergoeding is salaris gebaseerd en byvoordele is beskikbaar.

Die pos is beskikbaar in Swellendam. Die persoon sal werksaam wees by ons bestaande kantoor in Swellendam.

Die suksesvolle kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Sterk Analitiese, Wiskundige- en Administratiewe vaardighede.
  • RE 5 (RE 1 sal in jou guns tel).
  • Ondervinding in die finansiële dienste sektor van minstens 10 jaar.
  • Moet bereid wees om fidusiêre werk ook te verrig.
  • CFP kwalifikasie sal voorkeur geniet.
  • MS Word, Excel, Power Point en Outlook magtig.
  • Indien die persoon bestaande kliënte/praktyk het, sal dit deel vorm van die salaris onderhandelinge.
  • Beskikbaar om so gou as moontlik te begin werk. Datum is onderhandelbaar.
  • Persone met relevante kwalifikasies en ervaring kan aansoek doen.

Belangstellende persone kan hul CV’s met dekbriewe stuur aan hr@bvsa.ltd

Aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was indien u niks van ons gehoor het ses weke na u aansoek nie.

Boshoff Visser Konsult (Edms.) Bpk. is ‘n geregistreerde finansiële diensverskaffer met lisensienr: 11968.

 

 

 

 

 

 

Recent Posts

Start typing and press Enter to search