fbpx

Lewensversekeringadviseur – Swellendam

 In Vacant positions

BVSA Konsult (Pty) Ltd is ‘n dinamiese rekeningkundige en finansiële dienste firma. Ons is op soek na ‘n Lewensversekeringadviseur om aan te sluit by die finansiële dienste afdeling van ons Swellendam tak.

Pligte:

  • Trek van kwotasies by verskillende diensverskaffers
  • Doen voorbereiding van voorstelle en gee terugvoer aan kliënte
  • Lewensversekering proses hantering
  • Rapporteer direk aan die finansiële adviseur
  • Prioritiseer alle take op tafel
  • Kwaliteit, noukeurigheid en effektiewe tydbestuur met uitvoer van opdragte
  • Opvolg met diensverskaffers om te verseker ’n instruksie word korrek en spoedig hanteer
  • Verseker nakoming van finansiële wette en riglyne deurdat daar ten alle tye eties opgetree word, soos voorgeskryf deur FAIS
  • Neem inisiatief om op datum te bly met ontwikkeling in hul veld asook nuwe wetgewing wat geïmplementeer word
  • Bestuur kliënte verhoudinge in samewerking met ander adviseurs
  • Verantwoordelik vir die opdatering van kliënte-inligting op interne stelsels asook by diensverskaffers

Vereistes:

  • Matriek
  • 2-3 jaar ondervinding in die volle proses van lewensversekering
  • Relevante opleiding sal voorkeur kry (RE5, diensverskaffer opleiding, ens.)
  • Vaardig in Afrikaans en Engels
  • Rekenaarvaardig

Stuur asb. jou CV en bewys van relevante opleiding na careers@bvsa.ltd teen 31 Julie 2022.

Aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was indien u nie binne 3 weke gekontak word nie.

Recent Posts

Start typing and press Enter to search