fbpx

Rekeningkundige klerk – Robertson

 In Vacant positions

BVSA Robertson is ‘n dinamiese rekeningkundig firma wat klein- en medium sakesektore ondersteun. Ons benodig ’n rekeningkundige klerk om by ons span aan te sluit.

Vergoeding is salaris-gebaseerd en groepvoordele is beskikbaar.

PLIGTE

  • Vaslegging van rekeningkundige rekords van kliënte
  • Interpreteer rekeningkundige rekords van kliënte om finansiële state op te stel (IFRS vir SME’s)
  • Voorbereiding van rekeningkundige werk van jaarlikse finansiële state
  • Uitvoer van basiese rekeningkundige prosedures aan die hand van BVSA praktyke
  • Rekonsiliasie van finansiële inligting van kliënte
  • SARS opgawe indiening vir kliënte
  • Maandelikse bestuurstate opstel

VEREISTES

  • Praktiese ervaring in rekenmeesters pakkette soos bv. Pastel, SAGE, XERO
  • Besig om te studeer vir B.Comm graad / B.Rek kwalifikasie in rekeningkundige veld

Stuur u CV en akademiese rekord na careers@bvsa.ltd. Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie 2022

Aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was, indien u niks van ons hoor teen 15 Julie 2022.

 

Recent Posts

Start typing and press Enter to search