SAIPA Clerks 2026 – Malmesbury

 In Vacant positions

Sluit aan by ons dinamiese rekeningkundige span by BVSA Konsult in Malmesbury in 2026!
Is jy ‘n gemotiveerde kandidaat met ‘n passie vir syfers en wil jou loopbaan groei? Dan is hierdie die geleentheid vir jou!

Verantwoordelikhede:
• Verwerking van kliënttransaksies op rekeningkundige sagteware soos SAGE One en Xero .
• Opstel van finansiële state.
• Rekonsiliasie van rekeningkundige inligting.
• Voorbereiding en indiening van BTW- en Inkomstebelastingopgawes.
• Saamstel van bestuurstate.

Kwalifikasie en ondervinding:
• Tweetalig in Afrikaans en Engels.
• Voltooide BCom graad of tans besig met BCom-studies.
• Rekenaarvaardig en gemaklik met digitale platforms.
• Vorige ondervinding by ‘n rekenmeestersfirma sal as ‘n voordeel beskou word.

Stuur asb. CV en akademiese rekord na: loopbaan@bvsa.co.za so spoedig moontlik.
Let asseblief daarop dat indien jy nie binne 6 weke terugvoer ontvang nie, jou aansoek as onsuksesvol beskou kan word.

Recent Posts
Verified by MonsterInsights