Salaris administrasie-klerk – Swellendam
BVSA Konsult (Edms) Bpk is ‘n toonaangewende rekenmeestersfirma in die Suid-Kaap.
Ons is op soek na ‘n salaris administrasie-klerk om by ons span in Swellendam aan te sluit so gou as moontlik.
Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
• Salaris administrasie vir kliënte
• Verlofregisters vir kliënte
• Voltooi en indien van EMP201-opgawes
• Voltooi en indien van EMP501-rekonsiliasies
• Voltooi en indien van UI-19-opgawes by die WVF
• Jaarlikse ongevalleversekering opgawes
• Aanmeld van beserings aan diens
• Hantering van SARS-registrasies
• Hantering van algemene payroll navrae
Vereistes:
• Vaardig in e-Filing, E@syfile, Payspace, Compeasy
• Kennis van Microsoft Word, Excel, Outlook
• Tweetaligheid in Afrikaans en Engels is voordelig
• Vorige ondervinding in die rekeningkundige- en finansiële dienste sektor sal voordelig wees
• Die persoon sal werksaam wees by ons Swellendam kantoor
Stuur asseblief u CV na careers@bvsa.co.za voor 30 April 2025.
Indien u geen terugvoering ontvang binne 2 weke van aansoek nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.