Werksgeleenthede – Swellendam

BVSA Konsult is ’n gevestigde firma in die Wes- en Suid-Kaap, en bied opwindende loopbaangeleenthede in ’n professionele en ondersteunende werksomgewing.

Ons is tans op soek na geskikte kandidate vir die volgende poste:

🔹 Senior Bestuurder
Ligging: Swellendam
Voltooide klerkskap en minimum van 3 jaar relevante ondervinding ná klerkskap is ‘n vereiste.

Die geskikte kandidaat moet oor deeglike tegniese kennis van IFRS for SMEs en Suid-Afrikaanse belastingwetgewing beskik.

🔹 Rekenmeesters
Ligging: Swellendam
Graad in Rekeningkunde en voltooide SAIPA- of SAICA-klerkskap vereis.

Tweetaligheid (Afrikaans en Engels) en goeie numeriese redeneringsvermoë word vereis.

Goeie tegniese kennis van IFRS for SMEs en Suid-Afrikaanse belastingwetgewing sal in u guns tel.

🔹 SAIPA- en SAICA-klerke
Ligging: Swellendam
Gegradueerdes in Rekeningkunde wat hul klerkskap wil voltooi binne ’n professionele en ondersteunende omgewing kan aansoek doen.

Tweetaligheid (Afrikaans en Engels) en goeie numeriese redeneringsvermoë word vereis.

📧 Stuur u volledige CV en akademiese rekords, insluitend u nasionale senior sertifikaat, aan:
loopbaan@bvsa.co.za

Word deel van ’n span waar professionele groei, integriteit en uitnemendheid kernwaardes is.

Verified by MonsterInsights