BVSA brei uit na George en Mosselbaai met samesmelting van Boshoff Visser

BVSA Rekenmeesters en Finansiële dienste, een van die Suid-Kaap se voorste rekeningkundige firmas, het aangekondig dat hulle vanaf 1 Julie 2025 twee nuwe takke in die Suid-Kaap sal verwelkom. Dit volg ná die samesmelting met die gevestigde firma Boshoff Visser Ingelyf, met kantore in George en Mosselbaai.

Hierdie stap is ‘n natuurlike gevolg van BVSA se strategiese uitbreiding en bevestig die groep se verbintenis tot dienslewering van gehalte aan kliënte regoor die land — veral in Wes- en Suid-Kaap. Die nuwe kantore sal voortaan bekend staan as BVSA George en BVSA Mosselbaai.

BVSA beskik oor meer as 30 jaar se ervaring in die klein- en medium-sakesektor en is in die Wes-Kaap  gevestig met 17 takke. Die groep is bekend vir sy kundigheid in oudit, belasting, boedelbeplanning, finansiële advies en ’n wye reeks verwante dienste, asook vir sy persoonlike en praktiese benadering in gemeenskappe buite die groot metrogebiede.

Volgens Henk Botes, hoof uitvoerende beampte van BVSA Konsult is dié uitbreiding ’n belangrike mylpaal vir die groep. “Ons is opgewonde om die Boshoff Visser-span formeel in die BVSA-familie te verwelkom. Hulle bring ’n rykdom aan kennis, ervaring en professionele integriteit na die tafel. Hierdie samesmelting versterk nie net ons geografiese voetspoor nie, maar bied ook meer waarde aan kliënte deur verbeterde kapasiteit, gespesialiseerde dienste en toegang tot gevorderde tegnologie.”

Boshoff Visser Ingelyf het sedert 1985 ’n sterk teenwoordigheid in die streek en beskik oor 61 personeellede — 33 in George en 28 in Mosselbaai. Kliënte kan steeds dieselfde hoë vlak van diens verwag, maar die samesmelting bied ook nuwe voordele: toegang tot gevorderde tegnologie, uitgebreide spesialisdienste, en groter samewerking binne ’n uitgebreide nasionale netwerk.

Die George-tak staan onder leiding van direkteure Christiaan Human, Ruaan Kruger en Johan Schoeman, en die Mosselbaai-tak onder direkteure Cornelius Blom, Jennie Meyer en Duppie du Plessis.

Hierdie samesmelting verteenwoordig nie net groei nie, maar ook ’n gedeelde visie vir die toekoms — ’n toekoms waarin kliënte baat vind by uitgebreide kundigheid, versterkte vennootskappe en diens van uitnemende gehalte.

BVSA is ook trots om aan te kondig dat ons genomineer is vir die Best of George & Mossel Bay Readers’ Choice Awards! Ons waardeer ons kliënte en gemeenskap se ondersteuning en nooi julle uit om vir ons te stem by die
volgende skakel:

https://www.bestofsouthafrica.co.za/george/best-of-george-nomination/

www.bestofsouthafrica.co.za/mossel-bay/best-of-mossel-bay-vote/.

Ons energieke en toegewyde span by BVSA George — altyd gereed om ons kliënte se verwagtinge te oortref!

‘n Dinamiese span van beide kantore — trots op hul professionele diens en sterk spanverbintenis!

’n Spesiale oomblik: BVSA Konsult-direkteure verwelkom amptelik die span van Boshoff Visser Ingelyf wat nou deel vorm van die BVSA-groep.

 

Verified by MonsterInsights