BVSA WORCESTER tak: Toegewyde dienste sedert 2008

BVSA Geoktrooieerde Rekenmeesters het ‘n beduidende merk in Worcester gemaak sedert ons die rekenmeesterspraktyk, Breërivier Vallei Trust, op 1 Maart 2008 oorgeneem het. Die praktyk, voorheen bedryf deur Menere Wim Kruger en Cassie Carstens vir 22 jaar, het onder ons leiding sterk gegroei.  Ons span bestaan 15 ervare personeellede met uitstekende kwalifikasies. In 1 Maart 2014 het ons na groter kantore by Adderley Straat 26 verhuis, waarvandaan ons steeds streef  om ons kliënte se verwagtinge te oortref. Sedert 1 Maart 2024 besit BVSA Worcester ook ‘n 50% belang in Strydom Rekenmeesters, ‘n gevestigde praktyk onder leiding van Rudi Strydom wat vir meer as vier dekades in die area dien en tans uit ‘n span van 12 personeellede bestaan.

BVSA WORCESTER DIENS OOK OMLIGGENDE STREKE

Ons diensleweringsgebied strek verder as net Worcester en sluit kliënte in  van Rawsonville, Wolseley, Tulbagh, Ceres, Citrusdal, Villiersdorp, De Doorns, Touwsrivier en Laingsburg.

OMVATTENDE REEKS REKENINGKUNDIGE- EN FINANSIëLE DIENSTE

BVSA Geoktrooieerde Rekenmeesters fokus op boekhou- en rekenmeesterwerk, oudits, belastingadministrasie, maatskappy-administrasie, boedelbeplanning en trustdienste. BVSA Finansiële dienste bied SEB-advies, beleggings, korttermynversekering, lewensversekering, mediese versekering, pensioenfondsskemas en boedelbereddering. Indien kliënte van die dienste verlang wat nie deur die Worcester kantoor aangebied word nie bring ons hulle in kontak met die toepaslike spesialiste, terwyl ons steeds die kwaliteit van diens monitor.

DIREKTEURE EN PERSONEEL

Die Worcester kantoor word bestuur deur Arnand Stofberg (B Agric Admin; B Compt) en Albert Janse van Rensburg (B Rek Hons; GRSA), met ondersteuning van Du Toit Hugo (B Rek; PRSA) en Johan du Toit (B Com Bestuursrek). Ons poog voortdurend om bekwame personeel aan te stel, op te lei en te behou vir die toekoms. Personeel moet voldoen aan die vereistes wat ons stel aangaande kwalifikasies, ambisie en integriteit. Dit is BVSA se beleid om personeel te help om hulle akademiese kwalifikasies en tegniese ondervinding voortdurend te verbeter en daar is voortdurend ‘n sterk fokus op opleiding en ontwikkeling.

GEMEENSKAPSBETROKKENDHEID EN BEMARKING

Ons betrokkenheid by die gemeenskap en die verskaffing van uitstekende diens aan ons kliënte vorm die kern van ons bemarkingstrategie. BVSA Worcester borg verskeie plaaslike skole, kerke, welsyns-organisasies, sportklubs en boereverenigings, en neem jaarliks deel aan die Worcester Rolbalklub se besigheidsliga.

DANKIE AAN ONS KLIËNTE

Ons wil graag al ons kliënte hartlik bedank vir die afgelope sestien jaar se ondersteuning en ons sien uit daarna om u in die toekoms steeds te voorsien van voortreflike diens en finansiële oplossings.

KONTAKBESONDERHEDE

Vir enige navrae, kontak Mnr. Arnand Stofberg by 082 411 7542 (arnands@bvsa.ltd) of Mnr. Albert Janse van Rensburg by 072 7434 978 (albertj@bvsa.ltd).  Besoek ook gerus ons webwerf by www.bvsa.co.za,  ons kantoor by Adderley Straat 26, Worcester, of skakel ons by  023 342 2374 om ‘n afspraak te reël.

Verified by MonsterInsights