fbpx

Nou is die tyd vir jou annuïteit bydrae!

 In News

Bydraes tot ‘n uittreeannuïteit moet voor of op 28 Februarie 2022 gemaak word om in aanmerking te kom vir die 2021/2022 belastingjaar. Ons beveel aan dat u voor 25 Februarie 2022 ‘n bydrae maak om enige administratiewe sperdatums vry te spring.

‘n Maksimum van 27,5% van die grootste van u belasbare inkomste (voor aftrekkings vir skenkings en uitgesluit skeidingspakket) of besoldiging (uitgesluit skeidingspakket) is aftrekbaar vanaf u belasbare inkomste vir uittreeannuïteit bydraes.  Aftrekbare bydraes word beperk tot die kleinste van 27,5% of R350,000-00 van bogenoemde inkomste. Enige bydraes meer as die 27,5% of R350 000-00 kan in toekomstige jare afgetrek word.

Die saak vir uittreeannuïteite:

Uittreeannuïteite het in die verlede negatiewe reaksie ontlok vir te hoë kostes in die produkte. Deesdae het die struktuur in kostes verander en is hierdie een van die beste maniere om te spaar vir jou aftrede.

Net om ’n paar faktore te noem:

  • Bates wat binne ‘n aftreefonds verwissel is nie onderhewig aan kapitaalwinsbelasting Indien winste binne ‘n uittreeannuïteit geneem word sal dit vry wees van kapitaalwinsbelasting.
  • Dividendbelasting is tans 20%. Indien ‘n dividend van R1,000-00 aan ‘n individu betaal word sal daar net R800-00 (R1,000-00 min 20%) in die individu se sak land.  Alle aftreefondse is vry van dividendbelasting. Beleggings binne ‘n uittreeannuïteit is dus nie onderhewig aan dividendbelasting nie.  Die totale R1,000-00 dividend en nie net R800-00 sal u binne die uittreeannuïteit toeval.
  • Bates binne ‘n aftreefonds is nie deel van u boedel nie en dus vry van boedelbelasting. Indien die waarde van u uittreeannuïteit R10miljoen is, sal dit vry wees van enige boedelbelasting, want dit is nie ‘n geagte bate binne ‘n boedel nie.
  • Alle rente-inkomste asook huurinkomste wat enige aftreefonds toeval is vry van inkomstebelasting.
  • Fondse wat binne ‘n uittreeannuïteit belê is, kan nie deur skuldeisers op beslag gelê word nie. Indien u dus insolvent verklaar word gedurende u leeftyd sal die bates binne die uittreeannuïteit beskerm wees teen skuldeisers.
  • Voorheen was koste nie deursigtig nie. Met die hedendaagse produkte is kostes deursigtig.  Daar is geen rede hoekom ‘n belegger deur ‘n uittreeannuïteit meer kostes moet betaal as by ‘n gewone effektetrust of aandelebelegging nie.
  • As belegger het u toegang tot bykans alle effektetrust fondse binne ‘n uittreeannuïteit.

Kontak ons gerus indien u enige vrae het of ’n bydrae wil maak.

Skrywer: Guillaume Oberholzer

Recent Posts

Start typing and press Enter to search

Verified by MonsterInsights