Beplan jou weg na finansiële vryheid: Die onafwendbaarheid van die dood en aftrede

Waar die verlede net geskiedenis is en die toekoms slegs onsekerhede inhou, is die hede al wat mens het. In die finansiële wêreld, soos in alle areas van die lewe, is niks buiten die dood en belasting, gewaarborg nie. Wanneer ‘n man sonder behoorlike boedel- en aftreebeplanning aftree, los dit sy vrou en huishouding met deuskant helfte die inkomste. Dit is ongelukkig vir meeste van ons ’n hartseer werklikheid. Mens kan hoe goed voorsiening maak vir jou aftrede, maar vroeër of later vind meeste mense hulle aan die rand van ‘n glibberige skuldlokval. Dieselfde kan gesê word oor die skielike dood van ’n broodwinner – sonder die nodige reëlings in plek, sal die oorblywende familielede finansieel in die knyp gelaat word.

Vir die oorgrote meerderheid is die vooruitsig van aftrede en die onafwendbaarheid van die dood twee verontrustende konsepte. Die onsekerheid van volhoubare inkomste vir die toekoms wek wye kommer in meeste mense wat naby aan aftrede staan. Baie individue meen dat boedel- en aftreebeplanning slegs nodig is vir persone wat hoë inkomstes verdien. Dit is egter nie heeltemal waar nie, aangesien persone met hoë inkomste gewoonlik minder finansiële probleme met aftrede en/of hulle gesinne met by hulle dood ervaar. Dit is belangrik dat almal die basiese voorbereiding in plek het wat insluit die opstel van ’n professionele testament en gereelde boedel- en aftreebeplanning om enige belastingimplikasies, kontanttekorte vir aftrede en die finansiële bystand wat familie en geliefdes onmiddellik na hulle geliefde se dood sal benodig, aan te spreek. Ten einde die noodsaaklike aard van boedel- en aftreebeplanning te verstaan, is dit nodig om te verduidelik wat normaalweg in die praktyk gebeur wanneer dit nie gedoen word nie.

’n Testament is sekerlik een van die belangrikste regsdokumente wat ’n mens kan besit. Ongelukkig word die waarde daarvan dikwels oor die hoof gesien en deur baie mense onderskat. As ’n persoon nie ’n getekende testament nalaat op die oomblik van delatio (dood) nie, sal die persoon se boedel volgens die reëls van intestate erfopvolging verdeel word. Sonder so ’n geldige testament is daar ook geen genomineerde eksekuteur nie. In so ’n geval moet nominasies vir ’n eksekuteur verkry word van naasbestaandes – dit sal ongetwyfeld lei tot onnodige vertragings in die beredderingsproses. Die aangestelde eksekuteur mag ’n maksimum fooi van 4,025% (BTW ingesluit) van die bruto waarde van die boedel hef. ’n Fooi só hoog, kan redelikerwys van ’n eksekuteur verwag word wat nie in die eerste plek die eksekuteur van ’n persoon se boedel wou wees nie.

Die publiek is so vasberade om boedelbelasting te bespaar, dat hulle soms vergeet soms om die geld-olifant in die vertrek aan te spreek. Om strukture in plek te hê wat boedel- en ander belastingsonkostes te spaar is als goed en wel, maar sonder genoeg likiditeit in die boedel om hierdie belasting, eksekuteursfooie, oordragskostes en ander uitgawes te betaal, moet van of al die bates in die boedel verkoop word. Na aftrede besef die meeste mense gou dat daar te veel tyd oor is aan die einde van hul lewensbesparings. Hulle het gewoonlik nie genoegsame fondse om hul vorige lewenstyle te handhaaf nie. Die vraag is egter nie op watter ouderdom mens wil aftree nie, maar eerder teen watter inkomste.

Dit blyk duidelik uit die bogenoemde uiteensetting dat boedel- en aftreebeplanning uiters belangrik is om finansiële vryheid te verseker. Die onberispelike waarde van boedel- en aftreebeplanning is onmeetbaar en bied mens die geleentheid om nou vir die toekoms te kan beplan, sodat mens nou al iets daaraan kan doen.

Ons fidusiêre span by BVSA het jare se ondervinding in boedel- en aftreebeplanning en is professioneel toegerus om u te help met enige aangeleenthede wat daarmee verband hou. Vir verdere inligting oor boedel- en aftreebeplanning, kontak asseblief enige van ons finansiële adviseurs vir kundige advies.

Reghardt Draper CFP, LLB, LLM

Recent Posts
Verified by MonsterInsights