SAICA Leerlingrekenmeesters – Vredenburg, Vredendal of Malmesbury

 In Vacant positions

SAICA-Leerlingrekenmeesters – CA2025-opleidingsprogram

BVSA is op soek na drie gemotiveerde SAICA-leerlingrekenmeesters om vanaf Januarie 2027
die CA2025-opleidingsprogram by een van ons kantore te voltooi.

Aantal poste: 3
Plek: Vredenburg, Vredendal of Malmesbury
Aanvangsdatum: Januarie 2027

Die program bied breë praktiese blootstelling aan rekeningkunde en finansiële dienste.
Ouditwerk vorm deel van die program, maar die poste is nie uitsluitlik ouditgerigte klerkskappe nie.

Kernverantwoordelikhede

  • Verwerk en rekonsilieer kliënte se rekeningkundige rekords.
  • Help met die opstel van finansiële state en bestuursverslae.
  • Assisteer met belastingopgawes en ander statutêre verpligtinge.
  • Neem deel aan oudit- en gerusstellingsopdragte waar toepaslik.
  • Voltooi SAICA se elektroniese assesseringsrekords en ondersteunende
    bewysstukke.
  • Kommunikeer professioneel met kliënte, bestuurders en spanlede.

Minimum vereistes

  • Moet aan die akademiese vereistes vir registrasie van ’n SAICA
    CA2025-opleidingskontrak voldoen.
  • ’n Sterk belangstelling in rekeningkunde, belasting, finansiële
    verslagdoening en oudit.
  • Goeie analitiese, administratiewe en rekenaarvaardighede.
  • Akkuraat, professioneel en goed georganiseerd.
  • Goeie kommunikasievaardighede en die vermoë om onafhanklik én as
    deel van ’n span te werk.
  • Bereid om in Vredenburg, Vredendal of Malmesbury te werk.

Stuur jou CV en akademiese rekords na:
careers@bvsa.co.za

Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word.

BVSA — Meer as net syfers!
Recent Posts
Verified by MonsterInsights