Soos ’n miljoenêr-melktert: Die regte bestanddele vir finansiële gemoedsrus

“Don’t settle for the crumbs when you deserve the whole bakery!” – Erica Yvette

BVSA Concilium het op Woensdag, 27 Augustus 2025, ’n damesoggend by die Seekombuis in Stilbaai aangebied. Die tema was “Finansiële Beplanning vir Vroue”, waar vyf praktiese “bestanddele” gedeel is oor hoe elke vrou haar eie finansiële resep kan aanpas– net so betroubaar soos ’n beproefde miljoenêr-melktertresep.

Elke afdeling van BVSA het kortliks waardevolle insigte met die vrouens gedeel:

  • Medies: Karin Theron, Luanne Nel en Zelna Visser
  • Korttermynversekering: Belinda Roos en Rosa Cronje
  • Rekenmeester: Anene de Beer, GR(SA)
  • Finansiële Adviseur: Marike de Wet, CFP®

Finansiële beplanning is nie net ’n praktiese vaardigheid nie, maar ook ’n noodsaaklike deel van selfstandigheid en sekuriteit:

  • Gee beheer: Jy weet presies waar jy staan, wat jy nodig het en hoe om daar te kom.
  • Skep gemoedsrus: Jy is voorbereid vir noodgevalle, verlies van inkomste of lewensveranderings.
  • Bevorder onafhanklikheid: Jy bou jou eie finansiële sekuriteit sonder afhanklikheid van ander.
  • Maak drome moontlik: Of dit nou reis, ’n besigheid of ’n sorgvrye aftrede is.

“‘n Slim vrou is nie net emosioneel en fisiek sterk nie, sy is finansieel slim ook”. – Karin Theron, Mediese Fonds Adviseur

’n Groot Dankie

BVSA wil elke vrou bedank wat die oggend kon bywoon en saam deel was van hierdie geleentheid. ’n Spesiale woord van dank ook aan:

  • Die Seekombuis, Stilbaai – vir die beskikbaarstelling van die restaurant.
  • Oasis – vir die borg van die waterbotteltjies.
  • Blombos Apteek (Stilbaai en Riversdal) – vir seepies en roompies.
  • Madi Murphy – vir haar inspirerende suksesverhaal en die skenking van ’n 500ml jogurtbakkie aan elke vrou.

Net soos ’n resep wat oor jare vervolmaak word, rus ’n suksesvolle finansiële toekoms op deurdagte beplanning en balans. BVSA Concilium vertrou dat hierdie damesoggend waardevolle insigte gebied het en dat elke vrou nou beter toegerus is om haar eie miljoenêr-melktertresep saam te stel – ’n resep vir volhoubare welvaart en gemoedsrus.

Ons nooi jou uit om jou finansiële resep saam met ons te kom hersien.

“Finansiële beplanning is ’n daad van selfrespek én ’n belegging in jou eie waardigheid.” – Marike de Wet, CFP®

Verified by MonsterInsights