Finansieel Savvy Vroue-oggend in Swellendam

Op Dinsdag 2 Junie 2026 het BVSA, in samewerking met Allan Gray, ’n insiggewende Vroue-oggend by Aan de Eike aangebied. Sowat 70 vroue uit die gemeenskap het die geleentheid bygewoon vir ’n oggend van inspirasie, kennis en waardevolle gesprekke oor finansiële beplanning.

Met die Overberg as agtergrond het die vroue saam ’n glasie geklink op die belangrike rol wat vroue speel in die beplanning van hul eie en hul gesin se finansiële toekoms. Die fokus van die oggend was om vroue toe te rus met finansieel savvy wenke op ’n eenvoudige manier wat hulle kan help om met groter selfvertroue finansiële besluite te neem.

Die tema van die oggend, “Finansieel Savvy Vroue”, het beklemtoon dat finansieel savvy nie noodwendig gaan oor hoeveel geld jy het nie, maar eerder oor hoe jy dit bestuur wat jy het. Met doelgerigte beplanning en gereelde hersiening kan elke vrou ’n betekenisvolle verskil maak in haar en haar gesin se toekoms.

Vyf belangrike “savvy” wenke is gedeel

1. Begroot met rigting

’n Begroting behoort meer te wees as bloot ’n lys van inkomstes en uitgawes. Dit moet ’n finansiële GPS wees wat jou help om elke sent op te spoor, jou uitgawes te monitor en te spaar voor jy spandeer.

2. Belê doelgerig

Elke belegging behoort ’n spesifieke doel te hê – of dit nou aftrede, kinders se tersiêre opleiding of die opbou van langtermyn welvaart is. Gebruik die krag van saamgestelde groei tot jou voordeel.

3. Bly op koers

Markte en ekonomiese omstandighede verander voortdurend, maar ’n langtermynbenadering help om gefokus te bly op dit wat werklik saak maak. Moenie toelaat dat korttermyn-emosies jou langtermyn-doelwitte ontspoor nie.

4. Savvy Sakelys (SS)

Belangrike finansiële sake moet nie uitgestel word nie. Maak seker dat jou testament op datum is, begunstigdes korrek aangewys is en dat alle belangrike dokumentasie in plek is. Indien jy jou Savvy sakelys verloor of misplaas het kan dit hier afgelaai word > https://bvsa.profileme.app/marikedewet

5. Hersien gereeld

Finansiële behoeftes verander deur die verskillende fases van die lewe. Gereelde hersiening verseker dat jou plan steeds by jou doelwitte en omstandighede pas.

Die sprekers, Marike de Wet (BVSA Direkteur | Finansiële Adviseur), Kobus Jansen van Vuuren (BVSA Beleggingspesialis) en Marise Bester (Allan Gray Beleggingspesialis), het waardevolle insigte gedeel oor die belangrikheid van finansiële dissipline, beleggings en langtermynbeplanning.

BVSA se mediesefonds-adviseurs; Karin Theron, Luanne Nel, Zelna Visser en Anel Heyns, asook die rekeningkundige span; Helena Nel (BVSA Direkteur) en Helene Vlok (Rekenmeester), was ook teenwoordig om met vroue te gesels en vrae te beantwoord. Hierdie samewerking het ’n holistiese benadering tot finansiële beplanning gebied, aangesien die vroue toegang gehad het tot kundiges oor verskeie afdelings van BVSA.

Een van die belangrikste boodskappe van die oggend was dat goeie finansiële besluite nie net ’n invloed op jouself het nie, maar ook op die mense wat van jou afhanklik is. Deur vandag verantwoordelike finansiële keuses te maak, kan jy stabiliteit, geleenthede en gemoedsrus vir jouself en jou gesin skep.

Soos tydens die geleentheid beklemtoon is:

“Vroue is nie net emosioneel en fisiek sterk nie; hulle is ook finansieel savvy. “

BVSA en Allan Gray bedank elke vrou wat die geleentheid bygewoon het en deel was van ’n oggend waar kennis gedeel is, verhoudings versterk is en finansieel savvy vroue gevier is. Die sukses van die vroue-oggend bevestig die belangstelling onder vroue om beheer oor hul finansiële toekoms te neem en met vertroue vir hulself én hul gesinne te beplan.

“Finansiële beplanning is ’n belegging in jou en jou gesin se toekoms”. Deur Marike de Wet, Bvsa Concilium Direkteur en Finansiële Adviseur.

Marike kan gekontak word per epos by marikedw@bvsa.co.za

 

Verified by MonsterInsights