Ontvangspersoon | Administratiewe beampte 2026 – Bredasdorp

 In Vacant positions

BVSA Konsult Edms. Bpk. is ‘n toonaangewende firma in die Suid-Kaap. Ons is op soek na ‘n ontvangspersoon /administratiewe beampte in om by ons Bredasdorp-span aan te sluit in Januarie 2026.
 
Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

  • Skakeling met kliënte, personeel en derde-partye (ontvangs)
  • Administratiewe werk wat sal insluit:
    – Hantering van debiteure
    – Bestuur van bemarkingsitems en korporatiewe klerebestellings
    – Tik van briewe en reëlings vir ondertekening van dokumentasie
  • Hulp met die skep en instandhouding van elektroniese kliënterekords
  • Monitering en byhou van kantoorverbruiksgoedere
  • Ander algemene kantooradministrasie

 
Die kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Goeie kennis van Microsoft Word, Excel, PowerPoint en Outlook.
  • Ervaring met GreatSoft sal in die kandidaat se guns tel.
  • Tweetaligheid in Afrikaans en Engels.
  • Vorige ondervinding in die rekeningkundige en finansiële dienssektor sal ’n voordeel wees.
  • Matrieksertifikaat met goeie punte.
  • Eie vervoer met ‘n geldige rybewys is ‘n voorkeur
  • Die pos is gebaseer in Bredasdorp.

 
Stuur asseblief u CV na loopbaan@bvsa.co.za voor of op 13 November 2025.

Indien u geen terugvoering ontvang voor einde November nie, was u aansoek onsuksesvol.

Recent Posts
Verified by MonsterInsights