Rekenmeester – Vredenburg
BVSA is op soek na ’n gemotiveerde Rekenmeester om by ons dinamiese span in Vredenburg aan te sluit in 2026.
Hierdie pos bied ‘n opwindende geleentheid om jou loopbaan verder te ontwikkel binne ’n professionele rekeningkundige omgewing wat uitnemendheid, integriteit en spanwerk hoog ag.
Minimum vereistes:
- ’n Relevante graad in Finansiële Rekeningkunde
- Voltooide SAIPA-artikels
- 2 tot 3 jaar ondervinding in die opstel van finansiële state
- Vaardigheid in:
-
- CaseWare Working Paper
-
- Microsoft Excel
-
- Xero en Sage
-
- Greatsoft
- Ondervinding in SARS eFiling met:
-
- EMP201
-
- VAT201
-
- ITR12 / ITR14
- Goeie kommunikasievaardighede en ‘n professionele werksetiek
- Vermoë om onafhanklik en akkuraat te werk
- Vorige ervaring in ’n rekeningkundige praktyk sal as ’n voordeel beskou word
Wat ons bied:
‘n Professionele en ondersteunende werksomgewing
Geleenthede vir groei en ontwikkeling
Mededingende vergoeding gebaseer op ervaring en kwalifikasies
Stuur asb. jou CV, akademiese rekords en ’n kort motiveringsbrief na careers@bvsa.co.za.