SAICA Klerkskap – Paarl
BVSA Paarl het geleenthede vir twee SAICA-klerke om vir die 2027-inname by ons span aan te sluit.
Ligging: Paarl, Wes-Kaap
Pos: SAICA-klerk
Poste beskikbaar: 2
Aanvangsdatum: Vanaf 1 November 2026, soos ooreengekom
Verantwoordelikhede:
- Voorbereiding van ouditwerkspapiere
- Vaslegging van kliënte se rekeningkundige rekords
- Interpretasie van kliënte se rekeningkundige rekords om finansiële state volgens IFRS vir KMO’s op te stel
- Voorbereiding van rekeningkundige werk vir finansiële jaarstate
- Uitvoering van oudit- en hersieningstoetse en -prosedures volgens BVSA se praktyke
- Nakoming van toepaslike IRBA-standaarde en BVSA se interne standaarde tydens die uitvoering van take
- Rekonsiliasie van kliënte se finansiële inligting
- Indiening van kliënte se SARS-opgawes
- Opstel van maandelikse bestuursrekeninge en advies aan kliënte
- Projekbestuur van voorraadopnames
- Nakoming van alle vereistes van die SAICA-opleidingskontrak
Vereistes:
- Studerend aan ’n SAICA-geakkrediteerde universiteit vir ’n BCom-graad of gelykwaardige kwalifikasie, met uitstekende matriek- en eerstejaarresultate; of reeds in besit van so ’n graad
- Bereid om die vereistes van die SAICA-opleidingskontrak te voltooi, met ’n kontraktermyn van drie tot vyf jaar, afhangend van kwalifikasies
- Matriek
- Vaardig in Afrikaans en Engels
- Rekenaarvaardig
Stuur jou CV en akademiese rekords na:
careers@bvsa.co.za
Onderwerpreël: SAICA-klerk – Paarl 2027
Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word.
BVSA — More than just numbers!
Recent Posts