fbpx

Salaris administrasie-klerk – Oudtshoorn

BVSA Konsult (Edms) Bpk is ‘n toonaangewende rekenmeestersfirma in die Suid-Kaap.

Ons is op soek na ‘n salaris administrasie-klerk om by ons span in Oudtshoorn aan te sluit vanaf 1 Junie 2024.

Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

  • Salaris administrasie vir kliënte
  • Verlofregisters vir kliënte
  • Voltooi en indien van EMP201-opgawes
  • Voltooi en indien van EMP501-rekonsiliasies
  • Voltooi en indien van UI-19-opgawes by die WVF
  • Jaarlikse ongevalleversekering opgawes
  • Aanmeld van beserings aan diens
  • Hantering van SARS-registrasies
  • Hantering van algemene payroll navrae

Vereistes:

  • Vaardig in e-Filing, E@syfile, Payspace, Compeasy
  • Kennis van Microsoft Word, Excel, Outlook
  • Tweetaligheid in Afrikaans en Engels is voordelig
  • Vorige ondervinding in die rekeningkundige- en finansiële dienste sektor sal voordelig wees
  • Die persoon sal werksaam wees by ons Oudtshoorn kantoor

Stuur asseblief u CV na hr@bvsa.ltd voor 6 Mei 2024.

Indien u geen terugvoering ontvang voor 13 Mei 2024 nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.

 

Start typing and press Enter to search

Verified by MonsterInsights