Sosiale media bemarking vir jou besigheid: Die goed, die sleg en die lelik.

Bemarking het drasties getransformeer sedert sosiale media op die toneel verskyn het in 1997. Sosiale media-webwerwe soos LinkedIn, Facebook, Twitter, Pinterest en blog webwerwe is ‘n paar nuwe maniere van vele wat individue en besighede toelaat om te kommunikeer, te adverteer en inligting op ‘n kreatiewe manier te deel. Net soos baie ander kommunikasietegnologie middels het hierdie moderne instrument ‘n goeie, ‘n slegte en ‘n lelike kant wat geëvalueer en verstaan moet word voordat daar besluit word om sosiale media as ‘n aanlyn medium te gebruik.

Die Goed
Een van die belangrikste voordele van sosiale media bemarking (SMB) is die feit dat dit koste-effektief is. Die meeste platforms is gratis om by aan te sluit en te gebruik. Teen ‘n lae fooi of geen koste, kan ‘n besigheid ‘n aansienlike groot teikengehoor bereik. Daar is ook die opsie om te betaal vir sosiale media advertensies of om ‘n volle SMB veldtog te loods. Dit sal jou besigheid toelaat om sy teikengehoor te bereik deur middel van slim tegnologie en geo-gerigte teiken metodes.

Sosiale media help jou om ‘n spesifieke teikenmark, binne ‘n spesifieke ligging te bereik wat belangstel in jou spesifieke produk of diens. Wanneer kliënte geïnteresseerd is in die inligting wat jy plaas, sal hulle vrywillig aansluit by jou platform of jou aanlyn volg. Sodra hulle kan vereenselwig met- of geïnspireerd voel deur die inhoud op jou platform, sal hulle jou handelsmerk begin identifiseer as ‘n produk wat hulle nodig het om hulself te verbeter. Sosiale media, te same met kwaliteit diens, kan verbruikers oorreed om lojaal te bly teenoor jou besigheid.

SMB veroorsaak dat inligting vinnig kan versprei soos ‘n veldbrand en kan dan maklik ‘n bemarking buzz rondom jou besigheid veroorsaak. Die rede hiervoor is dat elke persoon wat jou inskrywings lees, hierdie inskrywings weer kan deel met hulle aanlyn sosiale netwerk. Met meer as 2.3 miljard sosiale media gebruikers regoor die wêreld, kan inligting ‘n groot gehoor vinnig en maklik bereik.

Nog ‘n goeie aspek is in die uniekheid van sosiale media platforms. Hierdie platforms maak voorsiening vir kliënte om hul persoonlike ervaringe van jou besigheid met ander gebruikers te deel of om met jou besigheid te kommunikeer op ‘n meer direkte en persoonlike vlak. Dit bied ook die geleentheid om met kliënte en potensiële kliënte kontak te maak en in deurlopende gesprekke te tree. Anders as tradisionele bemarking, bied SMM die geleentheid om verhoudings te bou, asook kliënte diens te lewer.

Sosiale media help besighede, met oorsese kliënte, om kommunikasie hindernisse te oorkom. Jy kan verskeie platforms inspan om op ‘n vinnige manier met kliënte aan die anderkant van die wêreld te kommunikeer via direkte boodskappe of een-tot-een interaksie.

Platforms soos LinkedIn bied die geleentheid vir jou werknemers om jou handelsmerk te verteenwoordig of om aanlyn op te tree as ‘n ambassadeur vir jou besigheid. Jy kan werknemers aan moedig om jou besigheid aanlyn te bemark, dit sal beteken dat jy blootstelling kry teen geen ekstra koste. Sosiale media laat jou toe om meer insig te kry oor die mark deur die kommentaar op jou inhoud te monitor.

Wat SMB aanbetref is dit ‘n goeie ding dat jou besigheid en inhoud bemark word op ‘n slim, koste-effektiewe manier, terwyl jy terselfdertyd inligting kan insamel om jou bemarking, besigheid, produk bestuur en kliënte diens nog verder te verbeter.

Die Sleg
Natuurlik het die goeie kant van SMB ook ‘n slegte kant. Terwyl jy geld bespaar deur SMB, kan dit wel jou tyd steel. Dit is tydrowend om ‘n interaktiewe sosiale media teenwoordigheid te handhaaf.

Sosiale media is onvoorspelbaar en moeilik om te beheer. Selfs al bestuur jy die platform korrek, kan jou besigheid steeds blootgestel word aan negatiewe resensies, aanlyn gerugte, lae graderings en foto’s wat jou besigheid in ‘n slegte lig plaas. Aan die ander kant kan jou besigheid moontlik hierdie negatiewe blootstelling ervaar selfs al gebruik jy nie sosiale media nie. Deur SMB te gebruik kan jy ten minste ‘n positiewe bydrae lewer deur negatiewe gebruikers te kontak of om as spreekbuis namens jou besigheid op te tree.

Wees egter versigtig wat jy aanlyn plaas. Alles wat aanlyn geplaas word, kan later teen jou besigheid gebruik word. ‘n Besigheid se handelsmerk kan beskadig word deur dit wat jy aanlyn kwytraak of wat ander te sê het oor jou besigheid. Elke besigheid wat gebruik maak van SMB is vatbaar vir gebruikers wat uit is daarop om valse nuus en skadelike inligting te versprei om doelbewus die reputasie van jou handelsmerk te beskadig.

Alhoewel SMB goeie resultate lewer, is dit egter baie moeilik om die doeltreffendheid en positiewe impak van SMB behoorlik te meet. Indien jy finansieel investeer het in SMB, is dit ook moeilik om die opbrengs te meet.

Die Lelik
SMB hou ook moontlik ‘n paar lelike risiko’s in. Soos in ‘n verslag aangedui deur die IT beheerliggaam ISACA, is sosiale media onder die top vyf wat ‘n risiko loop vir virusse, malware, handelsmerk diefstal, ‘n gebrek aan beheer van korporatiewe inhoud, onrealistiese kliënt verwagtinge en nie-nakoming van rekord bestuur regulasies. Dit is moontlik vir eksterne persone om toegang te kry tot jou rekening en daarom kan sosiale media baie risiko’s dra indien dit nie behoorlik gemonitor en beskerm word nie.

Sosiale media kan die groei van ‘n besigheid grootliks aandryf, solank dit doeltreffend gebruik word. As jy besluit om sosiale media as ‘n bemarking instrument vir jou besigheid te gebruik, moet jy in gedagte hou dat jy nie net blootstelling aanlyn ontvang nie, maar ook jou besigheid kwesbaar laat. Alles wat gebeur op die internet, bly op die internet. Daarom is dit belangrik om te leer hoe om sosiale media effektief en toepaslik te gebruik om sodoende jou handelsmerk te beskerm en te bevorder. Indien jy hulp benodig met die opstel van ‘n sosiale media strategie wat geskik is vir jou spesifieke handelsmerk en teikengehoor, of hulp benodig met die bestuur van jou aanlyn rekeninge, is jy welkom om BVSA Kommunikasie te kontak by info@bvsa.ltd Ons help jou graag deur eenvoudige en sinvolle leiding.

Artikel deur BVSA Kommunikasie

 

Recent Posts
Verified by MonsterInsights