BVSA wen die XERO Opkomende firma van die jaar toekenning in Londen!
Op 14 November het BVSA die toekenning ontvang vir Xero se opkomende firma van die jaar, tydens Xero se jaarlikse konferensie wat in Londen plaasgevind het.
Hierdie toekenning gee erkenning aan die beste opkomende Xero rekeningkundige of boekhouding vennoot in Suid-Afrika, wat vanaf 2017 tot nou dienste gelewer het aan kliënte wat waarde toevoeg.
Ons het uitgeblink in die volgende kategorieë:
- Xero kennis en opleiding:Demonstreer dat ons op hoogte bly deur gesertifiseerd te bly en op datum te bly met alle Xero-aankondigings en produkvrystellings.
- Xero produkte en Xero toepassings: Ons praktyk het bewys dat ons Xero produkte en/of toepassings gebruik.
- Innovasie: Ons lewer toegevoegde waarde tot kliënte se besighede en bly op hoogte van industrie veranderinge.
- Bemarkingstrategie: BVSA is toegewyd tot bewusmaking van Xero en die voordele van die sagteware.
- Werf en behoud van kliënte:BVSA het nuwe kliënte gewerf of bestaande kliënte na Xero geskuif.
Ons is verskriklik trots op hierdie prestasie! Wil jy meer weet van Xero rekeningkundige sagteware? Lees meer