fbpx

Voorlopige belasting – in ’n neutedop

Dit is Februarie en vir alle individue en trusts, of maatskappye met ’n Februarie jaareinddatum is dit binnekort tyd om hul tweede voorlopige belastingopgawes in te dien. Die sperdatum vir indiening en betaling is 26 Februarie 2021.

Wie moet voorlopige belasting indien?

Maatskappye en trusts moet voorlopige belastingopgawes indien.

Individue wat inkomste anders as vergoeding (’n vaste salaris/pensioen waarop belasting reeds afgetrek word) verdien.

Openbare liefdadigheidsorganisasies of ontspanningsklubs hoef nie voorlopige belastingopgawes in te dien nie.

Hoe word die tweede voorlopige belasting betaling bereken?

Die berekening word gebaseer op die belasbare inkomste volgens die nuutste belastingaanslag uitgereik.

Die geskatte belasting vir die volle jaar, minus die werknemersbelasting betaal vir die volle jaar, minus die eerste voorlopige belasting betaling is nou betaalbaar.

 

’n Paar belangrike aspekte om in ag te neem.

  1. SARS neem nie outomaties mediese krediete in ag nie. Onthou dus om dit by te werk wanneer u opgawe ingedien word.
  2. Pasop vir boetes en rentes.

Belasbare kapitaalwinste vir die betrokke jaar moet ingesluit word by die beraamde belasbare inkomste. Indien u dus gedurende die jaar ’n eiendom of aandele verkoop het en ’n kapitaalwins gegenereer het moet u dit onder u boekhouer se aandag bring.

  1. Moenie van die impak van COVID-19 vergeet nie.

Indien COVID-19 u besigheid negatief geaffekteer het gedurende die tydperk Maart 2020 tot Februarie 2021, mag dit wees dat die nuutste uitgereikte SARS aanslag wat nog op die vorige jaar gebaseer is nie ’n akkurate skatting van die huidige jaar is nie. Dit kan meebring dat daar te veel voorlopige belasting aan SARS betaal word. Indien u van mening is dat u belasbare inkomste vir die jaar laer gaan wees as in die verlede, maak kontak met u boekhouer sodat ’n gewysigde berekening voorberei kan word. Hierdie berekening moet akkuraat wees om te verhoed dat SARS later boetes hef indien te min voorlopige belasting betaal is.

Kontak gerus u naaste BVSA tak vir meer inligting en hulp met die hantering van u tweede voorlopige belastingopgawe. Onthou, deur saam met jou boekhouer te werk en ’n akkurate skatting tydig in te dien en betaling te maak indien nodig, verseker jy ’n kommervrye, seepgladde proses waar boetes en rentes uitgeskakel word.

Skrywer: Anene de Beer: anened@bvsa.ltd

Recent Posts

Start typing and press Enter to search

Verified by MonsterInsights