Boedelbereddering
Stap 1 – Rapportering van die Boedel
Die eerste stap in die boedelproses begin by die rapportering van die boedel. Wanneer ‘n persoon sterf en enige bates nalaat, moet die langslewende eggenoot of naaste familielid die boedel binne veertien (14) dae vanaf datum van afsterwe, die boedel op die voorgeskrewe wyse by die Meester van die Hoë Hof aanmeld. Omrede boedelbereddering ‘n baie gespesialiseerde deel van die reg uitmaak, is dit algemene praktyk en raadsaam vir persone wat benoem word as eksekuteurs in ‘n testament (en wat nie ervaring het in die administrasie van boedels nie) om ‘n agent aan te stel om namens u op te tree. Lees verder…
Stap 2 – Eksekuteursbrief
Sodra die Meester tevrede is met die inhoud van die dokumentasie wat ingedien is, sal daar ‘n eksekuteursbrief uitgereik word. Lees verder…
Stap 3 – Advertensies en Boedelfinansies
Benjamin Franklin het eenkeer die volgende gesê: “Niks in die lewe is seker nie, behalwe die dood (en die betaling van skuld) en belasting.” Dit is ongelukkig ‘n hartseer maar ware werklikheid vir die meeste van ons. Alhoewel mens dalk op dag van dood fisies van die wêreld geskei word, word mens ongelukkig nie verlos van jou skuldverpligtinge nie. Lees verder…
Stap 4 – Likwidasie en Distribusierekening
Die afhandeling en goedkeuring van die likwidasie- en distribusierekening is sekerlik een van die belangrikste stappe in die boedelberedderingsproses. Hierdie dokument moet deur die eksekuteur opgestel word en bied ʼn volledige oorsig oor die bereddering van die boedel en toon presies aan hoe elke bate en las hanteer gaan word. Lees verder…
Stap 5 – Die Meester se Finale Vereistes
Na goedkeuring van die Likwidasie- en Distribusierekening sal die Meester van die Hoë Hof (Meester) ‘n J242 memorandum uitreik. Hierdie dokument bevat die finale vereistes waaraan die eksekuteur moet voldoen voordat die boedel by die Meester gefinaliseer kan word. Lees verder…
Kontak gerus een van ons kundige adviseurs indien u verdere inligting verlang.
Bostaande is slegs ter inligting en is geensins advies nie. Boshoff Visser Konsult Edms. Bpk. raai alle lesers aan om met ‘n kundige finansiële adviseur in verbinding te tree voordat enige besluite geneem word.
Artikel geskryf deur Reghardt Draper