Waarom moet u ‘n vaardigheidsplan hê? – HRMconnect
Vaardigheidsontwikkeling is besig om in ‘n vinnig-veranderende sakeomgewing krities vir oorlewing te word.
Organisasies moet die beste moontlike opleidingsoplossings vind om ter wille van hulle personeel se loopbaanpaaie in te belê wanneer jaarlikse vaardigheidsontwikkelingplanne geïmplementeer word. Om by te hou met bedryfstendense en om relevant te bly, is daarom beslissend wanneer gapings tussen organisasies se bestaande realiteite, hulle vaardigheidsontwikkelingsbehoeftes en werknemers se loopbaandoelwitte oorbrug moet word. Vaardigheidsontwikkeling is uiters belangrik in Suid-Afrika, veral vanuit ‘n langertermynoogpunt.
Organisasies se vaardigheidsontwikkelingbehoeftes fokus egter meestal op onmiddellike behoeftes, met weinig aandag aan verandering, organisasie-ontwikkeling of verwagte vaardigheidstekorte in die toekoms. Die belangrikheid en waarde van vaardigheidsbeplanning en -ontwikkeling word op sigself nie altyd ten volle begryp nie en lei tot vaardigheidsbeplannings- en -ontwikkelingsprosesse wat nie ten volle deur die bestuur en/of werknemers ondersteun word nie, en dit is ook nie baie verteenwoordigend nie en motiveer nie betrokkenheid nie.
Alle maatskappye met ‘n jaarlikse betaalstaat van R500 000 en hoër moet elke jaar voor 30 April hulle werkplekvaardigheidsplan (WVP), jaarlikse opleidingsverslag (JOV) en PIVOTAL-verslag (PVT) vir goedkeuring aan die toepaslike SETA voorlê.
Maatskappye kan dan die koste van opleiding, fasiliteerders, koste van die opleidingslokaal, kursusgelde en kursusmateriaal terugeis. Ons spesialiseer in prestasiebestuur en help u proaktief om u organisasie se WVP- en SETA-voorleggings te bestuur en te implementeer.
Ons dienste sluit in:
- Uitkontraktering van u volledige MH-funksie
- Beleide en prosedures
- Werwing en induksie
– Werwing
– Keuring
– Induksie-administrasie
– Opleiding en motivering tydens induksie
– Indiensnemingskontrakte
– Evalueringsentrums
– Psigometriese-evalueringsoplossings
- Organisasie-ontwerp
– Organisasiestruktuur
– Posontleding
– Posgradering
– Posbeskrywings
– Salarisbepaling
- Mensehulpbronnebestuur en buitebronbenutting
– Betaalstaat
– Tyd en bywoning
– Bedryfsprosedures
– BSEB/Billikheid
– Arbeidsbetrekkinge
– Beroepsgesondheid en -veiligheid
- Opleiding en ontwikkeling
– Vaardigheidsoudits
– Werkplekvaardigheidsplanne en SETA-voorleggings
– Mentorskap
– Opleiding en ontwikkeling
– Internskapprogramme
- Prestasiebestuur
- Beloning en erkenning
- Organisasieherstrukturering
Toinette Werth toinette.hrmconnect@bvsa.ltd
Danielle Kritzinger danielle.hrmconnect@bvsa.ltd
Attie Butler attie@hrmconnect.co.za
Besoek www.hrmconnect.co.za vir meer inligting.
HRMconnect – Lid van BVSA