Wessel Schuurman aangestel as uitvoerende hoof van BVSA Concilium

Wessel Schuurman aangestel as uitvoerende hoof van BVSA Concilium

Wessel Schuurman CA(SA)Uitvoerende hoof van BVSA Concilium

BVSA Concilium het Wessel Schuurman, CA(SA), as sy nuwe uitvoerende hoof aangestel. Hy bring ervaring in oudit, rekeningkunde, finansiële advies asook eiendoms- en ondernemingsbestuur na BVSA se finansiëledienstespan.

BVSA Concilium het sy diensaanbod versterk met die aanstelling van Wessel Schuurman as uitvoerende hoof.

BVSA Concilium is ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer met FSP-lisensienommer 11968. Die onderneming help individue, gesinne, sake-eienaars en besighede met persoonlike finansiële beplanning en finansiële beplanning vir ondernemings, beleggings, korttermynversekering, risiko- en lewensversekering, mediese fondse, gapingsdekking, werknemersvoordele en testament- en boedelbeplanning.

Die doel is om elke kliënt se volle finansiële konteks te verstaan voordat ’n plan voorgestel word — ’n jong gesin het immers ander doelwitte as ’n sake-eienaar, eiendomsbelegger of iemand wat vir aftrede voorberei. BVSA Concilium kombineer daarom persoonlike diens met professionele advies, en sy gesertifiseerde finansiële beplanners gebruik tegnologie om kliënte regoor Suid-Afrika te bedien.

Wessel sluit aan by ’n ervare span wat onder andere Louis Jonker en Guillaume Oberholzer insluit. Louis is by BVSA se Malmesbury-tak betrokke in finansiële beplanning en korttermynversekering. Hy lei ook BVSA se korttermynspan. Guillaume is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner (CFP®) by die Swellendam-tak en lei BVSA se beleggingspan.

Louis JonkerLeier van BVSA se korttermynspan
Guillaume OberholzerLeier van BVSA se beleggingspan

Wie is Wessel Schuurman?

Wessel is ’n geoktrooieerde rekenmeester met ervaring in oudit, finansiële dienste, eiendom en entrepreneurskap.

Hy het ’n baccalaureusgraad in rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit voltooi en daarna ’n honneursgraad in rekeningkunde aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.

Hy het sy loopbaan by Baker Tilly Greenwoods Suid-Afrika begin, waar hy as ouditklerk en later as ouditbestuurder gewerk het. Hy het daarna as ’n finansiële bestuurder by BVSA Property in George gewerk waarna hy sy eie finansiële dienste firma begin het.

In sy vorige rol by BVSA het hy kliënte met die finansiële- en belastingontleding van hul eiendomsportefeuljes gehelp. Hy het ook sy entrepreneuriese vernuf bewys deur voortdurend nuwe geleenthede raak te sien, na te jaag en te verwesenlik— ’n ingesteldheid wat hom in staat stel om elke uitdaging met nuwe denke en energie aan te pak. Hierdie kombinasie van ervaring en ingesteldheid gee hom eerstehandse insig in die behoeftes van sake-eienaars, beleggers en eiendom eienaars.

Wessel is getroud met Rindi en die trotse pa van Liam en Richter. Hulle verwelkom binnekort hul derde kind.

Fokus op kliënte

As uitvoerende hoof sal Wessel help om BVSA Concilium se finansiële dienste aanbieding verder uit te bou en te verbeter.

Sy kennis van rekeningkunde en belasting sal die span help om finansiële beplanning, beleggings, eiendom, kontantvloei en bate beskerming beter met mekaar te verbind.

Besluite oor beleggings, versekering, eiendom en aftrede kan nie afsonderlik geneem word nie. Elke besluit beïnvloed belasting, kontantvloei en ’n gesin of onderneming se langtermynsekerheid. Wessel se taak sal wees om BVSA Concilium se span te lei en te verseker dat kliënte duidelike, praktiese oplossings ontvang wat by elke kliënt se unieke konteks pas. In die uitdagende tyd waarin tegnologie teen ’n geweldige spoed ontwikkel, bly ’n deeglike begrip van die kliënt se konteks die anker van goeie advies.

Met sy kombinasie van professionele opleiding, bestuurservaring en entrepreneurskennis is Wessel goed geplaas om BVSA Concilium se finansiële dienste verder te versterk.

 

Verified by MonsterInsights