SAIPA Klerkskap – Paarl
BVSA Paarl het geleenthede vir drie SAIPA-klerke om vir die 2027-inname by ons span aan te sluit.
Ligging: Paarl, Wes-Kaap
Pos: SAIPA-klerk
Poste beskikbaar: 3
Aanvangsdatum: Vanaf 1 November 2026, soos ooreengekom
Verantwoordelikhede:
- Vaslegging van kliënte se finansiële transaksies met behulp van wolkgebaseerde rekeningkundige sagteware
- Interpretasie van kliënte se rekeningkundige rekords om finansiële state volgens IFRS vir KMO’s op te stel
- Voorbereiding van werkspapiere vir finansiële jaarstate
- Uitvoering van basiese rekeningkundige prosedures volgens BVSA se praktyke
- Indiening van kliënte se SARS-opgawes
- Opstel van maandelikse bestuursrekeninge
Vereistes:
- ’n BCom-graad of BTech-kwalifikasie in rekeningkunde; of matriek met die voorneme om vir een van hierdie kwalifikasies te studeer
- Vaardig in Afrikaans en Engels
- Rekenaarvaardig
Stuur jou CV en akademiese rekords na:
careers@bvsa.co.za
Onderwerpreël: SAIPA-klerk – Paarl 2027
Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word.
BVSA — More than just numbers!
Recent Posts