ADDISIONELE BELASTINGVERLIGTING MAATREËLS AANGEKONDIG
Die President het die nasie toegespreek op 21 April and addisionele belastingverligting maatreëls aangekondig tot die konsep wetsontwerp vir belastingverligting wat gepubliseer is op 1 April.
Die Minister van Finansies gaan in diepte besonderhede lewer oor die aankondiging deur President oor die volgende paar weke, maar die hooftrekke van die nuwe voorstelle is soos volg:
- Eerstens word die omset drempel vir besighede om the kwalifiseer vir die bestaande belastingverligting (uitstel van LBS en voorlopige belastingbetalings) verhoog na R100 miljoen per jaar van die vorige drempel van R50 miljoen per jaar.
- Die voorheen aangekondigde uitstel van LBS betalings van 20% word verhoog na 35%.
- The uitstel skema word ook uitgebrei na SDL heffings met die gevolg dat alle SDL bydraes uitgestel word vir 4 maande.
- Alle belastingbetalers kan voordeel trek uit die afskrywing van laat betaling boetes vir alle belasting indien hulle kan bewys dat hulle wesenlik negatief beïnvloed is in hierdie periode van die COVID-19 pandemie.
- Besighede met ’n omset van meer as R100 miljoen per jaar mag direk aansoek doen by SARS vir uitstel van hulle belastingbetalings.
- Belastingbetalers wat donasies maak aan die Solidariteitsfonds wat deur die regering bestuur word sal geregtig wees tot ’n addisionele 10% Artikel 18A aftrekking van hulle belasbare inkomste.
- Gedurende die periode sal BTW terugbetalings bespoedig word deur SARS, maar geen aankondiging van BTW verligting is gemaak nie.
- Daar sal ook ’n 3 maande uitstel periode wees vir koolstofbelasting opgawes en betalings.
In totaal sal hierdie addisionele belastingverligting maatreëls ten minste R70 biljoen in kontantvloei verligting of direkte betalings aan belastingbetalers tot gevolg hê.
Wanneer die Minister van Finansies verdere besonderhede oor die bogenoemde maatreëls aankondig sal ons die wysigings tot die konsep wetsontwerp vir belastingverligting aan ons kliënte kommunikeer.