Advertensies en Boedelfinansies

Meeste gesprekke wat begin met vrae oor wie van die kinders, kleinkinders of agter-kleinkinders by oupa gaan erf, eindig gewoonlik baie vinnig met die volgende paar harde woorde: “Jy gaan net skuld erf!” Benjamin Franklin, ‘n vorige Amerikaanse President, het eenkeer die volgende gesê: “Niks in die lewe is seker nie, behalwe die dood (en die betaling van skuld) en belasting.” Dit is ongelukkig ‘n hartseer maar ware werklikheid vir die meeste van ons. Alhoewel mens dalk op dag van dood fisies van die wêreld geskei word, word mens ongelukkig nie verlos van jou skuldverpligtinge nie.

Die aangestelde eksekuteur/gevolmagtigde agent in die boedel is verplig om die volgende inligting in die staats- en plaaslike koerant te plaas:

  • Volle name van oorledene
  • Laaste fisiese adres
  • Datum van afsterwe
  • Huwelikstatus

Hierin word die oorledene se debiteure en krediteure versoek om binne 30 (dertig) dae vanaf die kennisgewing geplaas word, hulle skulde te vereffen of in die geval van krediteure, hulle eise teen die boedel in te dien. Indien daar geen debiteure of krediteure binne die tydraamwerk enige skuld vereffen of eise teen die boedel indien nie, kan die eksekuteur/agent voortgaan met die beredderingsproses.

Die boedeladvertensies in die plaaslike- en staatskoerant loop gewoonlik hand-aan-hand met die opening van ‘n boedelrekening. Alle bates in die boedel wat deur opdrag van die erfgename te gelde gemaak word, móét in die boedelrekening betaal word. Daar is sekere uitsonderings op dié reël, maar ons gaan dit nie nou in diepte bespreek nie. Soos die boedelproses verloop, moet daar deurentyd rekord gehou word van alle inkomstes en uitgawes in die boedel. Dit kan met behulp van ‘n kasboek bewerkstellig word. Dit is algemene praktyk vir die eksekuteur/agent om aan die einde van die proses al die erfgename te voorsien van ‘n kontantafhandelingstaat wat die beweging van alle debiete en krediete in die boedelrekening toon.

Hierdie is die derde stap in die boedelberedderingsproses.

Net om u geheue te verfris, hiermee ‘n uiteensetting van waar ons tans in die proses trek:

Boedelbereddering

Stap 1: Rapportering van die Boedel

Tydsduur: 4–8 weke

Stap 2: Eksekuteursbrief

Tydsduur: 4–6 weke

Stap 3: Advertensies

Tydsduur: 4 weke

Let op: Rekordhouding van boedelfinansies se tydsduur strook analoog met die tydperk wat dit vat vir die boedel om afgehandel te word.

Ons fidusiêre span by BVSA Konsult het jare se ondervinding in boedelbereddering en is professioneel toegerus om u te help met enige aangeleenthede wat daarmee verband hou.

Kontak gerus een van ons kundige adviseurs indien u verdere inligting verlang.

Bostaande is slegs ter inligting en is geensins advies nie. BVSA Konsult Edms Bpk. raai alle lesers aan om met ‘n kundige finansiële adviseur in verbinding te tree voordat enige besluite geneem word.

Artikel geskryf deur Reghardt Draper

Recent Posts
Verified by MonsterInsights