BVSA: Lockdown prosedures
BVSA se kantore sal gesluit wees vanaf 27 Maart 2020 tot 16 April 2020 as gevolg van die nasionale lockdown. Kantore heropen weer op 17 April 2020.
BVSA se rekeningkundige- en finansiële dienste gaan steeds soos normaalweg voort. Personeel is beskikbaar via die kantoornommer, hul selfoonnommer of e-pos.
Almal het ‘n verantwoordelikheid om hul deel te doen om die verspreiding te voorkom en sosiale distansiëring is die belangrikste wat ons nou kan doen. Ons sal aan al hierdie maatreëls voldoen, maar steeds goeie diens lewer.
Groete
BVSA
Recent Posts