Hoe die nuwe Nasionale Minimumloon Wetsontwerp werkgewers raak.

Die Nasionale Minimumloon Wetsontwerp  (hierna verwys as die Wetsontwerp) is op die 17de November 2017 in die Staatskoerant gepubliseer en is opgestel om die ongelykheid wat  steeds bestaan in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark, te help verminder.

Sommiges glo dat daar groot leemtes in die Wetsontwerp bestaan. Die Wetsontwerp het byvoorbeeld ‘n nuwe definisie van die woord “werker”. Dit blyk uit die definisie dat dit  onafhanklike kontrakteurs en moontlik ook informele werkers uitsluit.

Wie is ‘n werker?

Die woord “werker” lees nou “werknemer soos omskryf in artikel 1 van die Basiese Voorwaardes van Indiensneming Wet”. Die Basiese Voorwaardes van Indiensneming Wet (“BVIW”) sê dat die definisie van ‘n werknemer “sluit ‘n werker soos omskryf in die NML Wet in”.

Dit skep ‘n bisarre sirkelvormige definisie van ‘n werker.

Selfs al is die Wetsontwerp in plek gestel om ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike geregtigheid te bevorder,  blyk dit ook die deur te open vir loonvermindering in ‘n aantal sektore waar lone deur sektorale bepalings opgestel was. Daar is ook ‘n aantal sleutelfaktore wat ontbreek van hierdie Wetsontwerp waarvan sommige ‘n waarborg insluit dat dit met die koers van inflasie sal verhoog.

Die nasionale minimum loon voorgestel is R20 vir elke gewone uur gewerk en sal ‘n termyn van die werknemer se dienskontrak uitmaak, behalwe as dit tot die punt kom dat die werknemer se kontrak of ‘n kollektiewe ooreenkoms voorsiening maak vir ‘n loon wat meer gunstig is vir die werknemer.

Die enigste uitsonderings op die R20 minimumloon geld vir plaaswerkers wie geregtig is op R18 per  uur, huiswerkers wie geregtig is op R15 per uur en Uitgebreide Openbare Werke Programwerkers, wie op tot R11 per uur geregtig is.

Werkgewers word aangemoedig om hul werknemers se lone in lyn met die nasionale minimumloon te bring, ten einde aanspreeklikheid vir die betaling van boetes of rente te vermy.

Verder is sektorale bepalings spesifiek ingestel om lone en spesiale voorwaardes vir indiensneming vir ongeorganiseerde sektore, insluitend – maar nie beperkend tot – kleinhandel, plase, huishoudelike werk, gasvryheid en sekuriteit. Sommige hiervan, soos uiteengesit deur die sektorale bepalings, is hoër as die R20 per uur soos uiteengesit in die Nasionale Minimumloon Wetsontwerp.

Die vraag bly egter wat die uitwerking op werkers is. Beteken dit dat al die spesiale voorwaardes van indiensneming in hierdie sektorale bepalings ook wegval en waar laat dit werknemers met bestaande dienskontrakte?

Van die Nasionale Minimumloon Wetsontwerp word gesê dat dit voorrang geniet bo enige dienskontrak, kollektiewe ooreenkomste of wet tensy die huidige dienskontrak gunstiger terme bevat.

Die genoemde Wetsontwerp sal in werking tree op 1 Mei 2018.

Werkgewers wat onseker is oor hoe hulle beïnvloed sal word deur die Nasionale Minimum- loon Wetsontwerp en voorgestelde wysigings aan die Basiese voorwaardes vir indiensneming en die Wet op Arbeidsverhoudinge, moet oorweeg om die dienste van ‘n regspraktisyn te bekom ten einde ‘n dieper begrip te kry van wat hulle nodig het om in plek te stel ten einde ’n veranderde regulatoriese landskap te akkommodeer.

Vir meer inligting kontak BVSA Regsdienste by joannes@bvsa.Ltd

Vrywaring: Die materiaal vervat in hierdie dokument word slegs voorsien vir algemene inligtings- doeleindes en mag nie as regsadvies gebruik word nie. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige verlies of skade wat mag ontstaan as gevolg van afhanklikheid van inligting vervat in hierdie artikel nie.

Recent Posts
Hou emosie uit beleggings
Verified by MonsterInsights