Oudit Bestuurder – Robertson
BVSA Robertson het ’n geleentheid vir ’n Oudit Bestuurder. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die beplanning, bestuur en nasien van ouditlêers, sowel as kliëntebesoeke en sekere rekenkundige werk.
Vereistes:
- BRek of soortgelyke kwalifikasie
-
Kandidate wat reeds gekwalifiseer het as CA (SA) of AGA (SA) sal voorkeur geniet
-
Voltooide SAICA-klerkskap is ‘n vereiste
-
Ondervinding van Caseware ouditmetodologie is nie vereiste nie, maar sal aansoek versterk.
-
Vermoë om onafhanklik te werk
-
Tweetalig (Afrikaans & Engels is ‘n vereiste)
- Die pos is geskep met die doel dat die suksesvolle kandidaat mettertyd die geleentheid sal hê om as ‘n geregistreerde ouditeur (RA) te kwalifiseer.
Indien jy oor die nodige ervaring beskik en jou loopbaan verder wil bou by ’n gevestigde firma, stuur asseblief jou CV aan loopbaan@bvsa.co.za.